Ringwurms

Annelida
Tydperk: Sedert vroeë Kambrium[1]
Glycera sp.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Superfilum:
Filum:
Annelida

Lamarck, 1809
Klasses en subklasses

Klas Polychaeta (parafileties?)
Klas Clitellata (sien)
   Oligochaeta – erdwurms, ens.
   Branchiobdellida
   Hirudinea – bloedsuiers
Klas Echiura (voorheen 'n aparte filum)
Klas Machaeridia

Die ringwurms (Annelida, uit Latyn annelus – ringetjie)[2][3][4][5] is gesegmenteerde wurms in 'n groot filum met meer as 17 000 lewende soorte. Hulle sluit die borselwurms, erdwurms en die bloedsuiers in. Die spesies lewe in, en is aangepas by, verskeie leefomgewings. Party kom voor in mariene omgewings soos getysones of hidrotermale skoorstene. Van die wurms kom egter ook in varswater voor, of op land in vogtige omgewings.

Die ringwurms is bilateraal simmetriese, triploblastiese, soelomate, ongewerwelde diere. Hulle besit parapodia vir hulle voortbeweging. Die meeste leerboeke gebruik steeds die tradisionele indeling van drie groot groepe:

  1. polychaetae; wat veral in die see voorkom, soos die bloedwurm
  2. oligochaetae; wat die erdwurms insluit, soos die reuse-erdwurm
  3. bloedsuiers en verwante

Sedert 1997 het nuwe kladistiese navorsing egter hierdie indeling volledig verander. Die bloedsuiers blyk 'n subgroep van die oligochaetes te wees en hulle is weer 'n subgroep van die poligete. Verder word die Pogonophora, Echiura en Sipuncula nou ook as deel van die poligete wurms gesien. Voorheen is hulle as aparte filums gesien.

Die verwantskap met ander diere het ook duideliker geword. Die ringwurms word nou beskou as lede van die Lophotrochozoa, 'n superfilum binne die Protostomia, wat ook die molluske (slakke ensomeer), die brangiopoda, die platwurm en die nemerteërs bevat.

Die ringwurm se basiese vorm is uit segmente opgebou. Elke segment besit dieselfde stel organe. In die meeste poligete wurms het 'n segment 'n paar parapodia wat meestal vir voortbeweging gebruik word. 'n Septum skei twee segmente in die meeste van die spesies, maar daar is talle waar dit swak ontwikkel of totaal afwesig is. Die Echiura en Sipuncula vertoon geen duidelike segmentasie nie en dit is een rede hoekom hulle tradisioneel nie tot hierdie groep gereken is nie.

By spesies wat septa besit vloei die bloed binne bloedvate. In die voorste segmente is die vate deur spiere omring wat hulle die funksie van 'n hart gee. Die septa maak dit moontlik om die vorm van die segmente te verander en dit maak peristaltiese of golfvormige bewegings van die liggaam moontlik. Dit versterk die werking van die parapodia. Sonder septa vloei die bloed sonder pompwerking deur die liggaam en is daar verskeie ander bewegingstegnieke. Ingegrawe soorte draai byvoorbeeld hulle farinks uitwaarts om hulle so deur die slym voort te sleep.

  1. Budd, G. E.; Jensen, S. (2000). "A critical reappraisal of the fossil record of the bilaterian phyla". Biological Reviews of the Cambridge Philosophical Society. 75 (2): 253–95. doi:10.1111/j.1469-185X.1999.tb00046.x. PMID 10881389.
  2. Die term het sy oorsprong in Jean-Baptiste Lamarck se annélides.
  3. Rouse, G.W. (2002). "Annelida (Segmented Worms)". Encyclopedia of Life Sciences. John Wiley & Sons, Ltd. doi:10.1038/npg.els.0001599.
  4. McIntosh, William Carmichael (1878), "Annelida", in Baynes, Thomas Spencer, Encyclopædia Britannica, 9th ed., Vol. II, New York: Charles Scribner's Sons .
  5. Mitchell, Peter Chalmers (1911), "Annelida", in Chisholm, Hugh; Phillips, Walter Alison, Encyclopædia Britannica, 11th ed., Vol. II, Cambridge: Cambridge University Press .

Developed by StudentB